Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

27 Aug

Geagte Ouers

1. DAGROOSTER: 31 AUGUSTUS – 4 SEPTEMBER

2. SKOOLGELD
Ouers word versoek om steeds skoolfonds te betaal. Die skool het steeds vaste uitgawes en ons wil nie graag onderwysers verloor en klasse groter maak nie. Dankie vir u begrip en samewerking.

3. HER-REGISTRASIE VORM VIR 2021
Voltooi die her-registrasie vorm en stuur voor of op 28 Augustus 2020 terug.
Maak seker dat die vorms VOLLEDIG VOLTOOI (3 plekke geteken word) is en dat die
BEWYS VAN ADRES (nie ouer as 3 maande) AANGEHEG is, om u kind se plek vir 2021 te verseker.

4. VERKEER!!!

  • Kom ons hou asseblief by verkeerreëlings. Die regterkantste baan is vir ry, links vir oplaai en aflaai (Nelstraat). Daar word ook versoek dat u nie in die pad stop om u kind af te laai nie. Indien u in Nelstraat u kind aflaai, bly in die regterkantste baan van De Vosstraat. Ouers word asseblief versoek om nie op die regterkant se sypaadjie in Nelstraat te stop nie.
  • Daar was ook klagtes dat leerlinge agter karre om beweeg as hulle afgelaai word. Maak asseblief seker dat u kind te alle tye voor ‘n kar verby beweeg. Ons wil nie graag dat iemand raakgery word nie.
  • Ouers, ons vra asseblief dat almal sal saamwerk om die probleme op te los. Ons is almal haastig, maar wees asseblief geduldig.
  • Ouers wat leerlinge op-en-aflaai MOET MASKERS DRA.

5. LEESWEEK

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF