Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

10 Sep

Geagte Ouers

1. DAGROOSTER: 14 – 18 SEPTEMBER

2. VERKEER!!!

  • Kom ons hou asseblief by verkeerreëlings. Die regterkantste baan is vir ry, links vir oplaai en aflaai (Nelstraat). Indien u in Nelstraat u kind aflaai, bly in die regterkantste baan van De Vosstraat. Ouers word asseblief versoek om nie op die regterkant se sypaadjie in Nelstraat te stop nie.
  • Daar word ook versoek dat u nie in die pad stop om u kind af te laai nie.

3. KALENDER 2021
Die kalender wat tans versprei word t.o.v. 2021 se skoolvakansies is foutief. Die regte datums is nog nie deur die Departement van Onderwys vrygestel nie.

4. TUKS-PROJEK (ROLSTOELE)
Baie dankie aan elke ouer en leerling wat so getrou proppies en broodsakkies se “tags” versamel. Wees verseker dat ons LSL-leerlinge ‘n verskil maak in iemand anders se lewe. Die projek is nog steeds aan die gang, u kan dus nog versamel.

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF