• 013 235 2077
Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

03 Oct

1. DAGROOSTER: 07 – 11 OKTOBER 2019

Maandag Dag 4
Dinsdag Dag 5
Woensdag DVD opname Groep 1 – Skool sluit 12:00
Donderdag DVD opname Groep 2 – Skool sluit 12:00
Vrydag Waterkaskenades

2. REVUE-LUNA SOLARIS- KAARTJIEVERKOPE
Daar is nog heelwat uitstaande revuedeelneemfooie en ons wil asseblief ‘n beroep op ouers doen om dit so spoedig moontlik in te betaal. Indien u slegs 1 kind het is dit R150-00, ‘n gesin met meer as 1 kind wat wat deelneem R100-00 per kind.

OPEN VAN KAARTJIEVERKOPE: 02 SEPTEMBER (7:30-14:00)
Kaartjies beloop R60-00 per sitplek en is slegs in die tiksterskantoor beskikbaar. Kinders mag nie op ouers se skote sit nie. Slegs kontant word aanvaar en geen besprekings kan telefonies gemaak word nie.

Maak asseblief baie seker in watter groep u kind deelneem voordat u ‘n bespreking kom maak. (Die kantoordames sal u nie daarmee kan help nie) Kaartjies sal ongelukkig nie omgeruil word nie!

OPTREDES:

14 Oktober Groep 1 18:00
15 Oktober Groep 2 18:00
16 Oktober Groep 1 14:00
17 Oktober Groep 2 18:00
21 Oktober Groep 2 18:00
22 Oktober Groep 1 18:00
23 Oktober Groep 2 14:00
24 Oktober Groep 1 18:00

Let asseblief daarop dat Woensdae ‘n middagvertoning is.

3. WATERKASKENADES/LENTEDAG – 11 OKTOBER 2019
Ons waterkaskenades vind Vrydag, 11 Oktober plaas. Elke leerling het reeds ‘n inligtingsbrief en vrywaringsvorm ontvang wat voltooi moet word en by die klasonderwyser ingehandig moet word. Die snoepie sal oop wees. Indien daar nie ‘n vrywaringsvorm is nie, sal u kind ongelukkig nie kan deelneem nie. Indien dit reën: bring tasse saam en dag 2 se rooster sal gevolg word.

4. RAPPORTE
Die Juniors en Seniors ontvang rapporte op Donderdag, 04 Oktober 2019.

5. KWARTAALPROGRAM
Aangeheg is die voorlopige kwartaalprogram. Beplan asseblief u persoonlike aktiwiteite en afsprake daarvolgens.

6. SKOOL GESLUIT
Die skool is op Vrydag, 4 Oktober GESLUIT vir ALLE Graad R-7 leerders. Alle personeel is verplig om ‘n departementele werkswinkel by te woon. GEEN TOESIG IS BESKIKBAAR NIE!

7. DVD OPNAMES
Die kleedrepetisie en DVD opnames op 09 & 10 Oktober is as volg:
GROEP 1 09 Oktober 7:25 – 12:00 (LW: GROEP 2 BLY BY DIE HUIS)
GROEP 2 10 Oktober 7:25 – 12:00 (LW: GROEP 1 BLY BY DIE HUIS)
Daar sal toesig beskikbaar wees vir die kinders wat nie tuis kan bly nie.
Ons begin om 07:25 en leerlinge kom skool toe met hul konsertklere (of soos gereël deur graadonderwyser), reeds klaar gegrimeer en meld by hulle klasse aan. Hulle sal vandaar af uitgeroep word.

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF