• 013 235 2077
Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

14 Oct

1. DAGROOSTER: 14 – 18 OKTOBER 2019

Maandag Dag 6
Dinsdag Dag 1
Woensdag Dag 2
Donderdag Dag 3
Vrydag Massasport

2. REVUE-LUNA SOLARIS- KAARTJIEVERKOPE
Daar is nog heelwat uitstaande revuedeelneemfooie en ons wil asseblief ‘n beroep op ouers doen om dit so spoedig moontlik in te betaal. Indien u slegs 1 kind het is dit R150-00, ‘n gesin met meer as 1 kind wat wat deelneem R100-00 per kind.

OPEN VAN KAARTJIEVERKOPE: 02 SEPTEMBER (7:30-14:00)
Kaartjies beloop R60-00 per sitplek en is slegs in die tiksterskantoor beskikbaar. Kinders mag nie op ouers se skote sit nie. Slegs kontant word aanvaar en geen besprekings kan telefonies gemaak word nie.

Maak asseblief baie seker in watter groep u kind deelneem voordat u ‘n bespreking kom maak. (Die kantoordames sal u nie daarmee kan help nie) Kaartjies sal ongelukkig nie omgeruil word nie!

OPTREDES:

14 Oktober Groep 1 18:00
15 Oktober Groep 2 18:00
16 Oktober Groep 1 14:00
17 Oktober Groep 2 18:00
21 Oktober Groep 2 18:00
22 Oktober Groep 1 18:00
23 Oktober Groep 2 14:00
24 Oktober Groep 1 18:00

Let asseblief daarop dat Woensdae ‘n middagvertoning is.

3. MASSASPORT
Die massasportbyeenkoms vind op DV Vrydag, 18 Oktober vanaf 08:00 – 13:00 plaas. Leerlinge kom met sportdrag (geel, blou en rooi) skool toe en moet tasse saambring ingeval dit reën. Die skool begin normale tyd (07:25) en sluit om 13:00. Daar word ook verversings te koop aangebied. Die indeling is volgens vanne en is as volg:

Bosbokke (Blou) Ribbokke (Geel) Rooibokke (Rooi)
A – I J – Q R – Z

4. SKOOLTYE
As gevolg van die Revue se middagvertoning sluit die skool op Woensdae, 16 en 23 Oktober 2019 om 12:30 vir alle Graad 1-7 leerlinge.

5. BEGROTINGSVERGADERING
Bogenoemde vind plaas op Maandag, 25 November 2019 om 18:00 in die skoolsaal.

6. RADIKALE REDENAARS
Baie geluk aan Zoë Janse van Vuuren (Graad 2) wat 2019 se Nasionale wenner is in Prosa voorlesing. Ons is voorwaar trots op jou!

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF