• 013 235 2077
Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

17 Oct

Geagte Ouers

1. DAGROOSTER: 21 – 25 OKTOBER 2019

Maandag Dag 4
Dinsdag Dag 5
Woensdag Dag 6
Donderdag Dag 1
Vrydag Dag 2

2. REVUE-LUNA SOLARIS- KAARTJIEVERKOPE
Daar is nog heelwat uitstaande revuedeelneemfooie en ons wil asseblief ‘n beroep op ouers doen om dit so spoedig moontlik in te betaal. Indien u slegs 1 kind het is dit R150-00, ‘n gesin met meer as 1 kind wat wat deelneem R100-00 per kind.

OPEN VAN KAARTJIEVERKOPE: 02 SEPTEMBER (7:30-14:00)
Kaartjies beloop R60-00 per sitplek en is slegs in die tiksterskantoor beskikbaar. Kinders mag nie op ouers se skote sit nie. Slegs kontant word aanvaar en geen besprekings kan telefonies gemaak word nie.

Maak asseblief baie seker in watter groep u kind deelneem voordat u ‘n bespreking kom maak. (Die kantoordames sal u nie daarmee kan help nie) Kaartjies sal ongelukkig nie omgeruil word nie!

OPTREDES:

21 Oktober Groep 2 18:00
22 Oktober Groep 1 18:00 – Uitverkoop
23 Oktober Groep 2 14:00 – Middagvertoning
24 Oktober Groep 1 18:00

LW: U KIND BLY IN ‘N TOESIGKLAS TYDENS VERTONINGS AS HULLE NIE OPTREE NIE. HULLE KAN NIE BY U IN DIE SAAL AANSLUIT NIE. DIE LEERLINGE HET REEDS DIE KONSERT GESIEN. (Die kantoordames sal u nie daarmee kan help nie) Kaartjies sal ongelukkig nie omgeruil word nie!

3. SKOOLTYE
As gevolg van die Revue se middagvertoning op Woensdag, 23 Oktober sluit die skool om 12:30 vir alle Graad 1-7 leerlinge.

4. MASSASPORT
Die massasportbyeenkoms vind op DV Vrydag, 18 Oktober vanaf 08:00 – 13:00 plaas. Leerlinge kom met sportdrag (geel, blou en rooi) skool toe en moet tasse saambring ingeval dit reën. Die skool begin normale tyd (07:25) en sluit om 13:00. Daar word ook verversings te koop aangebied. Die indeling is volgens vanne en is as volg:

Bosbokke (Blou) Ribbokke (Geel) Rooibokke (Rooi)
A – I J – Q R – Z

Die program word aangeheg.

5. AFSLUITING: REDAKSIE, SKAAK, REKENAARLEIERS, LANDLOOP & SKOLIERPATROLLIE
Bogenoemde vind op Vrydag, 25 Oktober by Mafunyane waterpark in Nelspruit plaas.

6. SNOEPIE
Daar is kos beskikbaar vir die leerlinge by die die snoepie tydens die konsertvertonings. Tydens die Massasport kan kwagga waterbottels aangekoop word en ook gehervul word.

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF