• 013 235 2077
Waar elke kind vlerke kry om te vlieg en wortels om te groei/Where every child gets wings to fly and roots to grow

24 Oct

Geagte Ouers

1. DAGROOSTER: 28 OKTOBER – 1 NOVEMBER 2019

Maandag Dag 3
Dinsdag Dag 4
Woensdag Dag 5
Donderdag Dag 6
Vrydag Dag 1

2. REVUE-LUNA SOLARIS
Baie dankie aan almal wat van die Revue ‘n reuse sukses gemaak het! Ongelukkig is die laaste aand se Revue kaartjies alles uitverkoop.

U kan ‘n DVD bestel @ R150 of ‘n USB-stokkie @ R200 deur die vorm te voltooi en saam met die geld by die finansiële kantoor in te betaal. NB: Die DVD bestellings sluit Vrydag, 31 Oktober 2019. ‘n Nuwe bestelvorm word aangeheg.

3. AFSLUITING: REDAKSIE, SKAAK, REKENAARLEIERS, LANDLOOP & SKOLIERPATROLLIE
Bogenoemde vind op Vrydag, 25 Oktober by Mafunyane waterpark in Nelspruit plaas.

4. GO BOKKE
Leerlinge kan Vrydag, 25 Oktober groen aantrek ter ondersteuning van die Bokke.

5. 7’s RUGBY
Baie sterkte aan die 2 spanne wat Vrydag, 25 Oktober en Saterdag, 26 Oktober aan die 7’s toernooi in Witrivier gaan deelneem.

6. SKAKELBORD
Die skakelbord is tans buite werking tot verdere kennisgewing.

7. GRAAD 7-AFSLUITING
Die Graad 7’s gaan Woensdag, 30 Oktober Badplaas toe vir hul afskeid. Geniet die dag en ry veilig.

8. PRYSUITDELINGS
Die Prysuitdelings vind as volg plaas:

Maandag 04 November Graad R & LSEN 12:00
Graad 1 13:00
Dinsdag 05 November Graad 2 12:00
Graad 3 13:00
Woensdag 06 November Graad 4 & 5 12:00
Graad 6 & 7 13:30
Donderdag 07 November Prestige Prysuitdeling 18:00

9. FINANSIëLE KANTOOR
Die finansiële kantoor (Retha) sal Vrydag, 25 Oktober 2019 gesluit wees en sal weer Maandag, 28 Oktober oop wees. Geen inbetalings sal kan plaasvind nie.

10. ATKV REDENAARS 2020
Temas:

Graad 1-3: Kaalvoet
Wonder
Fees
Graad 4-5 Letters
Voetsorg
Voël
Graad 6-7 Toekoms
Liefhê
Afronding

Die toesprake kan in die skoolvakansie uitgewerk word.

Laerskoolgroete

CORNELUS LEMMER
HOOF